Elischa | Location

Elischa… Waar begin mens? Ek het die reuse voorreg gehad om hierdie finominale vrou te gaan afneem die dag van haar gradeplegtigheid. Ek’t al gesien wat vat dit om deeltyds te swot & ek het die wêreld se respek daarvoor!
Sy’t 6 jaar lank Bcom Industrial & Organisational Psychology geswot & nou gaan sy aan met haar Honneurs!
Met werk, kinders, ‘n huishouding – dit wil gedoen wees! Intussen het sy ook kursusse by die werk gedoen, ‘n fotografie kursus en ‘n Photoshop kursus.
Soos sy sê: “Ek is verslaaf aan leer”
Ek haal my hoed af vir jou Elischa, well done!
Jy is ‘n pragtige mens en ons wens jou alle sterkte toe met jou toekoms… ek weet sommer dis BLINK!


xo Zelda

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *